Die Heidelbergse Kategismus as ’n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886
Koers - Bulletin for Christian Scholarship · 26.03.2026
DOI: 10.19108/koers.91.1.2630 ↗Kurz gefasst
Fachartikel in der Zeitschrift Koers - Bulletin for Christian Scholarship, online erschienen am 26.03.2026. Verfasst von Pieter Johannes Strauss. Die Arbeit nennt 22 Literaturangaben. Der Volltext ist frei zugänglich (Open Access, CC BY 4.0).
Abstract (Originalsprache)
Verskeie bronne huldig die oortuiging dat die korrekte viering vandag van die Gelofte van 16 Desember 1838 in Natal deur die Voortrekkers ’n Christelike en godsdienstige gebeurtenis behoort te wees: ’n godsdienstige gebeurtenis as deel van die lewe in sy geheel, wat op die eer van God gerig is. President Paul Kruger – die laaste president van die Boererepubliek in die ou Transvaal (1883–1900), oftewel die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) – was ’n voorstander van hierdie oortuiging oor die gevolge van die verbond. Hy het sy toespraak op 16 Desember 1886 by Paardekraal, Krugersdorp, begin met ’n verwysing na vraag 1 in die Heidelbergse Kategismus. Hy het sy gehoor, as Christelike gelowiges of Christelike Afrikaners wat in die reël die Gelofte herdenk, aangespoor om hul lewens in geheel aan God toe te wy as ’n antwoord in gehoorsaamheid aan hul verlossing in Christus. Kruger het die gereformeerde belydenisse van die kerk waarvan hy ’n lid was, beskou as oortuigings wat die lewe in totaliteit beïnvloed. In sy toespraak van 1886 het hy ook daadwerklik op probleme in sy republiek gewys. Hy het egter sy mense aangespoor om as Christelike burgers van hierdie republiek op te tree. Hierdie siening van Kruger word tot vandag toe deur baie Christelike Afrikaners en Afrikaner-instellings ondersteun.
Zitieren
APA
Strauss, P. J. (2026). Die Heidelbergse Kategismus as ’n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886. Koers - Bulletin for Christian Scholarship. https://doi.org/10.19108/koers.91.1.2630
Vancouver
Strauss PJ. Die Heidelbergse Kategismus as ’n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886. Koers - Bulletin for Christian Scholarship. 2026. doi:10.19108/koers.91.1.2630
BibTeX
@article{Strauss2026,
author = {Strauss, Pieter Johannes},
title = {Die Heidelbergse Kategismus as ’n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886},
journal = {Koers - Bulletin for Christian Scholarship},
year = {2026},
doi = {10.19108/koers.91.1.2630}
}
EUVIMED